Geweldige insiggewende boek gelees ´n paar weke gelede, Andrew Feinstein se "After the Party". Party dele, veral waar hy homself op die "moral highground" gooi met ´n bietjie sout opgeëet maar nietemin insiggewend. Mens kon byna twee kolomme maak met die "baddies" in die een, en die "goodies" in die ander soos hy die mense geklassifiseer het; alle Afrikaanssprekende mense natuurlik vanselfsprekend in die "baddies" kolom. Wonder net of dit ook die rede is dat die AWB, wat ´n party is wat homself ´n klomp goed toeëien, maar sekerlik nie die alleenbesitter van die Afrikaanse taal nie, in die index van hierdie boek geklassifiseer is as die Afrikaanse Weerstandbeweging en nie die Afrikaner Weerstandbeweging nie? Opregte fout, Andrew of opregte slippertjie? Don´t throw out the baby with the bathwater. Net vir alle duidelikheid waar my lojaliteit lê: by Afrikaans. Maar omdat ek dink Feinstein het ´n redelike klomp nugter feite saamgevat in sy boek, en dat ek dink as Suid Afrikaner moet jy weet wat speel alles in die regering, kan mens hierdie ene dalk oorsien. Ook goed om die boek The Arms Deal van Paul Holden te lees. (Feinstein se boek lees lekkerder, dis byna soos skinder, soos hy die bekendes in die politiek bespreek, maar Holden se boek het ´n baie goeie opsomming voor aan elke hoofstuk as jy jouself wil vergewis of staal vir die graad en omvang van die agterbakse swendelary wat voor ons neuse plaasgevind het in die bloemjare van die "new rainbow nation"). Mens snak eintlik na jou asem as jy besef dat die regering so R43 BILJOEN RAND al bestee het op die wapenhandelstransaksie, -skandaal, -palawa, -narigheid, -doodsonde. En ek is net so jammer vir elke liewe man, vrou, kind en dier wat daarop uitgemis het, d.w.s. ons ALMAL. Dis R43,000,000,000 - ek neem aan ´n biljoen is ´n duisend miljoen (10^9) maar hey, dit kan ook R43,000,000,000,000 wees (10^12). In goeie Engels, dis eintlik "besides the point". Maar net vir die goeie orde, weet iemand dalk wat dit in die geval van die arms deal was, R43x10^9 of R43x10^12?
Toe ek in standerd 6 en 7 was in ´n sekere skool in ´n sekere dorp in die middel van die Vrystaat, het ons ´n Afrikaanse onderwyser gehad, kom ons noem hom meneer Brand Van Wyk. Ek dink ek kan met redelike sekerheid se dat al die meisies van standard 6 en 7 ´n crush op meneer Van Wyk gehad het, sy skalkse ou glimlaggie, met die dimpeltjie in die wang, die mooi blou oë en die welige bos bruin hare; en die feit dat hy homself heeltemal onweerstaanbaar onverkrygbaar gestel het deur ´n sekere teksie in die Bybel aan te haal waarin Paulus sê dat dit beter is om nie te trou nie, en daardeur het hy (mnr Van Wyk) ons op baie onsubtiele wyse laat verstaan het dat die staat van huwelik hom gladnie aanstaan nie. En dit het seker menige meisie laat wonder of sy hom ooit van plan sou kon laat verander. Hy kon altyd sulke stories vertel oor die dae wat hy ´n recce was in die weermag, ag wat het van meneer Van Dyk, ag ek bedoel meneer Van Wyk geword?? Eintlik waarnatoe ek doel, is dat ek hoop en wens dat "what God puts together, let no man take apart." of so iets. En dit glo ek eg. Excuse the pun, en ek wil so graag hê dat die mense vir wie ek lief is, wat saamgebind is in die eg, bymekaar sal bly, te midde van die lelike dinge wat die lewe na hulle toe gooi. En dat die mense in my lewe wat groot besluite moet neem oor hulle voorgenome huwelik, ook die regte besluit sal maak.Eintlik was die bedoeling om die eg te vergelyk met die lewe; that thoughts not here anymore, got drowned in the mundane: daar´s rosyne op die vloer waar ons oudste kiddie dit laat val het of moedswillig daar gegooi het, rooiwyn op ´n dinsdagaand, kristy alley en oprah chat oor gewigsverlies, ek wonder wat ek vir haar moet sê.Moenie weghardloop nie.
Caro Denise This is a thank you letter; grazie mille.Your two years´ of patience has paid off; endless repetitions of the correct articoli (maschile o feminile; singolare o plurale), preposizioni, and the correct combination of the two; their exceptions; the correct form of il verbo (depending on the person or persons being adressed - io, tu, lei/lui, voi, noi or sono), the use of formal or informal addresssing tu or lei etc etc:- all of it I did not use this past holiday, but I certainly knew when I should have!I was mentally kicking myself for every occasion that I could have sounded like a learned student but only managed to say: "capisco", or "come si dice: IT/business consultant in Italiano?" Thanks for giving me the confidence to have a 5 minute conversation with an Old Dude from the Old Town, who´s probably never left the province of Basilicata (probably the least visited tourist destination in Italy), in which he asked me what I was doing there, whether I liked the little town of Viggiano and inquired after my name, after he learned that I was there with family. I could confidently reply to him (albeit without the correct articles, prepositions, or the correct form of the verb). Let me tell you what is important to know: - How to say nicely, without offending: "no thank you, I´m full and don´t want a third portion of pasta"- The etiquette of passegiatta - does one say "buona sera" or "buon giorno" when passing other folk? Do you greet everyone or just the ones that stare at you because you´re carrying the baby in a pouch on your stomach?- Such "inbetween" words that just make the conversation flow, for example: maybe, sometimes, usually, always, a little, more, same, easy, difficult, good, bad, sore, tasty, - (note to self, looks like I should brush up on my adjectives).But Denise, why didn´t you tell us that there are fig trees everywhere! I would have armed myself with gloves and a picking tin. And black figs too - what other delights are you hiding in this country?And what apt description have you (loro) coined: children are "creatori" before they turn into "delinquente"? Its poetic!And then when one leaves the family one has visited, how is one to know that one would be plied with gifts, for which one, Dutch-like, has nothing in return? In our next course, Denise, this should be compulsary material.Yours in "la bella lingua"Studentessa============ *This is not a "Dear John" letter **Denise is my Italian teacher